Please note this has not been written by me, but I found it in a Magazine and had to share it
Liefste Seun
Op die vooraand van jou agtiende verjaardag sou ek graag ‘n grootse gebaar wou maak. Vir jou sê, nou maar, ‘n bottel van die beste wyn in die wêreld koop, sodt jy dit kan drink as ek eendag nie meer daar is nie.
Maar hoe weet ek of jy eendag wyn sal waardeer? Die wêreld word so belaglik gesondheisbewus dat julle oor dertig jaar dalk net water en wortelsap sal drink. En ‘n bottel van die beste wortelsap in die wêreld klink nou eenmaal nie soos ‘n geskikte geskenk nie.
Buitendien, jy weet goed ek het nie genoeg geld vir sulke grootse gebare nie, so miskien moet ek jou eerder iets gee wat gled nie kan koop nie. ‘n Paar kosbare lewenslesse vir jou pad vorentoe? Maar ek het nog nooit rêrig voorbeeldig genoeg gevoel om lesse uit te deel nie. Allermins aan my eie kind wat beter as ander mense weet hoe onvoorbeeldig ek soms is.
Ek moes maar so langs die pad uit my eie foute leer. (Ek leer steeds) Dis hoe jy ook jou weg sal vind, my seun, deur soms verkeerde afdaaie te kies en op onnodige ompaaie te beland. Dis die enigste manier om die roete te onthou.
Ek het wel deur die jare ‘n bietjie padkos by ander mense gekry, ‘n paar brokkies rad wat versommend genoeg steeds vars genoeg proe om nou in jou rugsak te pak.
My ma het ‘n dag vir my gesê, toe ek omtrent jou ouderdom was, dat elke probleem ‘n oplossing het. As dit nie ‘n oplossing het nie, is dit nie ‘n probleem nie, maar ‘n feit, en dan moet jy leer om daarmee saam te lewe. Dis die wreedste, wysste raad wat ek ooit gekry het. Ek kou steeds daaraan.
John Lennon het op ‘n keer gesê die lewe is wat gebeur terwyl jy ander planne maak. Dis nou wat ek lekker praktiese peuselhappies noem. Trek jou toekomsplanne op, droom jou ambisieuse drome, maar wees altyd gereed om verras te word deur die lewe. Dit maak die pad soveel interessanter. Dit kan ek jou uit eie ervaring waarborg. Iemand anders, ek wonder altyd wie, het gesêengele kan vlieg omdat hulle hulself nie te ernstig opneem nie.
Begin solank daaraan knaag, my seun, want dis ‘n harder korsie brood as wat jy dink. Dis moeilik om te leer om vir jouself te lag. Sommige mense kry dit nooit werklik reg nie. Dis waarom hulle altyd aardgebonde bly. Maar as jy leer om vir jou jouself en jou eie onnolselhede te lag, kry jy dalk, wie weet, vlerke. En ‘n paar vlerke is wraggies nie te versmaai wanneer jy ‘n lang en steil bult moet aandruf nie.
Maar voordat jy soos Hansie Slim die wye wêreld invar, wile k ook vir jou dankie sê. Julle kinders is veronderstel om dankaar te wees vir alles wat ons as ouers vir julle gedoen en geleer het. Maar on swat ouers is, vergeet dikwels om dankie te sê vir alles wat julle vir ons gedoen en geleer het.
Toe jy so ‘n kortbeentjokkertjie was, het jy dit vir my moontlik gemaak om weer ‘n kind te word. Om saam jou kabouters in die tuin te soek en kastele op die strand te bou en monsters in die wolke te sien. Om my gunsteling-sprokies saam met jou te geniet, en nuwes saam jou te ontdek. Jy’t my gleer om dapper te wees (ek kn mos nie vir jou wys date k net so bang soos jy is vir die donker nie!) en kalm te bly wanneer ek eerder wil gil en flou val. Soos die keer toe jy jou ken sny op die tafel nie of jou nerwe afval met jou fiets nie.
Vandat jy ‘n buierige tiener geword het, het jy my geleer om my eie buie te (probeer) beheer. En om geduldig te wees (dit bly moeilik hoor) en bowenal, die heel moeilikste les, om jou te laat gaan. Om onafhanklik van jou te word, soos jy onafhanklik van my moet word, sodat jy binnekort jou eie paadjie op ou eie manier kan aandurf.
Bon voyage, Seun. Onthou jou padkos.
Baie liefde
Ma
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment